Oor jare is daar ’n “gevoel” tussen boere en mynhuise, en het boere altyd die gevoel gekry dat die mynwese geen liefde vir die natuur het nie.
Nou het dit verder gegaan, die mynhuise, die owerhede van die land, en die geldwolwe is nou besig om vyandig te raak teenoor boere.
Dit is die mening van ’n boer in die Noord-Kaap, nadat dit bekend geword het dat mynhuise nou oor ’n reusagtige gebied in Namakwaland grondmonster wil neem met die doel om mynbou te vestig.
’n Woordvoerder van Agri SA sê die mense ry met helikopters oor die plase, en verjaag daarmee die plaasdiere.
Amptenare kom nie tot die besef dat hulle eers met ’n boer moet praat en kennis gee van hulle voorneme om met die helikopters oor hulle grond te ry.
Namakwalandse boere is ook bekommerd oor die feit dat daar mettertyd begin word met die ontginning van skaliegas, wat die gebied ’n ernstige knou
Namakwalandse boere is dankbaar dat daar weer ’n staatsveearts aangestel is vir die gebied, maar wys daarop dat die persoon ’n gebied van meer as 5 miljoen hektaar moet bedien,
Dis maar die “eeue-oue” probleem. In sekere Europese lande word boere amper met terroriste vergelyk, terwyl dit juis die teenoorgestelde behoort te wees.
Boere in Europa kry dikwels swaar, en hulle het ‘n eenvoudige lewensstyl. Wanneer ‘n stedeling op ‘n “boerderij” (plaas of kleinhoewe) kom, is die eerste opmerking, “dit stink darem baie hier.” Maar dan besef die stedeling nie dat ‘n dier (vark, skaap, bees, hoender) nie geleer kan word om ‘n moderne toilet te gebruik, sy agterstewe af te vee, en vanaand ‘n lekker warm bad te neem nie. Daar waar diere is, sal daar stasnk ook wees.
In Roemenië het die Kommunistiese diktator (het nou sy naam vergeet) boere van hul eiendomme verjaag, hul plaasopstalle met boeldouzers platgestoot, en vir hom een van die wêreld se duurste en grootste paleise gebou.
Kyk maar na enige video of dokumentêr oor die Russiese platteland; die boere leef in algehele armoede en elende, en in Moskou is daar 182 miljardêrs. As al die boere van die wêreld sou staak, sal die miljoenêrs van die wêreld van honger sterf. Maar, daar is té veel ryk boere op die aarde wat met die miljardêrs saamspan om die armes uit die mark te druk.
* Dit laat my weer daaraan dink; is dit nie tyd dat volksgenote in hul duisende na hul eie land trek nie? Moet ons dan vir ewig die melkkoeie en die slawe van die internasionale geldmag, en van die ANC-regering bly? Kan ons nie die hele Kaapland wes van die 25ste lengtegraad tot volksrepubliek verklaar nie? Waarom moet ons net altyd toekyk hoe die regering (in opdrag van Hoggenheimer) onnosele dinge aanvang? Eers word opdrag gegee dat alle steenkool-kragsentrales gesloop word (nogal deur ‘n ANC-vrou), en dan word opdrag aan Rusland gegee om 10 superduur kernkragsentrales te bou (ook deur ‘n ANC-vrou!). En wie moet daarvoor betaal? Die belastingbetaler!
Nee, vriende, so kan dit nie langer aangaan nie. Laat ons so vinnig as moontlik ons eie, onafhanklike staat stig. Die Noordweskaap is reusagtig groot. Groot genoeg vir 3-miljoen Boere-Afrikaners.
Van kleins af propageer ek een en die selfde idee. Ons moet eenvoudig nou net daardie stuk aarde gaan vat Peter.
Daar is blykbaar ‘n horde redes waarom dit nie gedoen kan word nie. Daar word ook beweer dat daar hard gewerk word agter die skerms. En so gaan die verskonings eenvoudig net voort.
Selfs FN wat bewys het dat Stellaland wettig aan die Boer/Afrikaners behoort, het nie die “Guts” om dit eenvodig net te vat nie. Daar word kamstig op hogere vlak onderhandel.
Dit bring my by die Boere Volksraad, of wat ookal. Hulle het lekker koekies en tee saam met Ramaphoza geniet. Verder nog nie weer ‘n sprak gesprook nie.
Wat my betref is Orania nog die heel suksesvolste van die hele spul Selfbeskikkers.
En hier stem ek met Jan Boer saam.
As ek jonger was, en genoeg geld gehad het, dan het ek nou daarheen verhuis.
Ek het ‘n plan om dit goedkoop te doen, maar dan moet daar minstens ses persone saam daaraan werk.
Ek is bly dat daar ander enersdenkendes is wat die Weskaap as ‘n onafhanklike staat wil sien. Afgesien van die baie probleme wat met die ontstaan van ‘n afhanklike Weskaap kan ontstaan is dit dringend noodsaaklik om dadelik daarmee te begin – as dit nie alreeds te laat is nie. Daar is groot getalle blankes wat na die suide verskuif en hul besighede saambring, maar ongelukkig 10 keer meer swartes wat van ander niefunksionele landsdele hierheen stroom en nie besighede saambring nie maar armoede, elende, misdaad en bakhande. Hoe om afhanklikheid te bekom sonder wapengeweld is nie ‘n uitgemaakte saak nie veral omdat die “humanistiese” liberales wêreldsteun vir integrasie voorstaan onder die dekmantel van “barmhartigheid” (natuurlik met ‘n verskuilde agenda wat se onderrok myle ver uitsteek. En dan is Jan Alleman nog so ge-indoktroneerd deur sekere linkse “intelektueles” en “teoloë” dat ‘n menslike reënboog se kleure nie sal vermeng nie, of dat dit goed is vir ‘n reënboog om geleidelik sy kleure te meng.
Merk geeneen meer op dat die neiging by meer as een land nou interne segregasie bepleit nie, of is die media so suksesvol met die verbloeming daarvan. Waarom sou die Almagtige verskillende nasies en volke geskep het en nou van plan sou verander het om een nasie te form.
Vriende, hou julle rede ! Soos wat die nood onder die blankes toeneem, is hulle almal besig om ” trek-koors ” te kry. Ek is seker dat voor die eerste Voortrekkers se wawiele begin draai het, was daar BAIE ontdekkings-reise die binneland in onderneem, deur BRAWE manne. Ek wens net dat ons nou al n vastrap plek daar iewers kon tot stand bring, en solank VOORBEREI. Die Suidlanders doen baie goeie werk, maar hulle benadering is meer om vlugtelinge te help. Om n vlugteling te wees, beteken basies, jy het net die klere aan jou lyf. Ons kan nou nog iets bou, terwyl geld nog beskikbaar is. As die land in duie stort, het geld geen waarde nie ! Siener, of julle van hom hou of nie, het gesê ons geld word so waardeloos dat jy dit teen die mure kan plak ! Ek stel voor dat ons op n veilige plek, solank STORE bou. Dan kan mense wat nog vasgevang is in die rotresies, soos ek ook maar, oorlewings uitrusting, kos ens solank gaan stoor. Dit sal tog soveel beter wees, as om net met die klere aan jou lyf, die onbekende in te vlug ! Die feit van die saak is, as daar werklik n groot eksodus van blankes uit die stede is, sal VERSKEIE organisasies nodig wees om dit te hanteer ! Ek wil graag tussen die ” vyf wyse maagde ” wees, wanneer die NSA kaartehuis inmekaar val ! !
Groot wyse woorde van jou Jan Boer.Presies my eie gevoel ook. Dit gaan my nie baat om ‘n Venter waëntjie vol biltong en droë perskes te pak as ek dit nie na ‘n veilige plek kan neem nie.
Ek hou ook Oom Siener se voorspellings met ‘n oopkop dop.
Daar is pragtige plekke waarheen ons kan gaan, en ook voorbereiding gaan begin doen. Dit sal egter ‘n paar manne se gesamentlikke poging verg om dit te laat realiseer.
Ek is beskikbaar. Hoe gouer, hoe beter.
Jan Boer, Arnold en DuP,
Ek stem saam met jou. Wat ek wel sal voorstel, is dat die 6m en 12m skeepsvraghouers (containers) `n ideale verskuifbare stoor kan wees. Hulle seel deeglik en kan onder skadunet geberg word. Ek is in `n verafgelee plaas in die Kleinkalahari en sal die houers met liefde hier stoor. Is sowat 2 dae se loop vanaf die naaste dorp.
Op `n stadium het ek daaraan gedink om `n ‘kamp’ te bou wat sowat 200 mense kan akkommodeer. Ek het ongelukkig nie die kapitaal daarvoor nie en ook nie om nog boorgate, ens tot stand te bring nie aangesien ek `n bestaansboer is wat geluister het na die Stem om uit die stad uit te gaan en my hier af te sonder; 3 jaar gelede.
Vaalseun;
Dit is juis die beste begin wat jy hier voorstel.
Sonder grond kan niks gebeur nie. Ek sou graag wou weet waar die plek is. As jy dit nie hier bekend wil maak nie, gesels gerus met my by
[email protected].
Witsand, Noord-Kaap in die Langeberg.
Goeiedag Vaalseun,
Ek sê weer, ek glo nie aan die toeval nie.
Ek het juis vanoggend sit en lees aan artikels oor die hergebruik van 6 en 12m vraghouers met die oog op aanwending as tydelike huisvesting in afgeleë plekke. Kyk bv hier: http://www.gizmag.com/shipping-container-orphanage/26227/
Boeregroete,
DuP
Goeiedag Vaalseun,
Die praktiese aanwending van hierdie vraghouers is eindeloos, kyk ook bv. hier: http://www.gizmag.com/shipping-container-development-homeless-brighton/34510/pictures#15 .
Maar ek glo die vervoerkoste daarvan vanuit die Kaap/Saldanha tot in die Kalahari sal ‘n aardige bedrag kos, behalwe as mens een of ander kontrak met die spoorweë kan aangaan, sodat hulle nie met ‘n leë trein terugkeer uit Saldanha nadat hulle al die gesteelde ystererts daar afgelaai het nie.
Boeregroete,
DuP
Goeiedag DuP,
Hoe lekker glimlag ek nou; daar is nie geheime in die geesteswêreld nie.
Vriende, baie dankie vir julle positiewe bydraes ! Ek is bly dat ek nie die enigste ” pessimis ” is, tov die demokratiese reënboog paradys, wat eintlik maar net nie wil werk nie ! Vaalseun, dankie vir jou aanbod, wat ons beslis sal moet oorweeg. Maar ek is bevrees dat meeste van ons, steeds so vasgevang is in die NSA rotresies, dat ons nie weet hoe om weg te breek nie. Maar as dit die Redaksie behaag, kan ons die saak hier bespreek, en koppe bymekaar sit. DuP se voorstel van vraghouers, lyk beslis beter as my plan om te bou. Verder sal almal bevoordeel word as dinge gesamentlik op groter skaal gekoop moet word. Daar hoef beslis ook nie net een bestemming of plek te wees nie, want mense se omstandighede is baie uiteenlopend. Daar sal natuurlik mense wees wat vra hoekom ons nie by Suidlanders, of selfs ander bestaande groepe wil inskakel nie. ( Daardie bekende ” verdeel ” aantyging ! ) My benadering is dat elkeen moet doen wat sy/haar hand vind om te doen. My benadering is TOTAAL prakties. Ek soek veilige stoorplek vir oorlewings-uitrusting, omdat ek nie vertroue in hierdie land en/of sy regering het nie ! Ek soek nie n kerk, geloofs-groepie of politieke beweging nie. As daar ander mense is wat DIESELFDE behoefte en benadering as ek het, laat ons kontak behou : [email protected] Arnold, ek teken jou adres ook aan. Groete
Is dit daar by die Brul Sand Duine? Nie vêr van Postmasburg?
Jip – so 75km van Postmasburg
Ek is toet en taal mal oor daardie wêreld. Hoe vêr van die Groot Rivier is julle?
So 30km vanaf die oranjerivier.
Vaalseun, dankie vir jou aanbod, wat ons almal ernstig moet oorweeg. DuP, jou voorstel om vraghouers te gebruik, is beslis beter as my plan om store te bou ! So kan ons mekaar help en bystaan in hierdie moeilike tye. Ons moet ook nie tonnelvisie hê, deur net op een plek of area te konsentreer nie. Kom ons kyk bietjie wat die gevoel is onder al die lesers. Dit is goed om ” groot ” te dink, in terme van die hele Weskaap, of Boere-republieke ens, maar ons sal moet n BEGIN maak, al is dit hoe klein. Vir die mense wat die konsep van ” selfbeskikking ” ondersteun, is dit presies dieselfde konsep. Begin met een plaas waarop jy selfbeskikking nastreef. Die grootste struikelblok wat ons almal mee sit, is om weg te breek van die NSA rotresies, en n nuwe begin te maak. En ongelukkig, hoe langer ons uitstel, hoe moeiliker gaan dit wees. En dan gaan ons op n punt kom, wat die deur toe is, en dan sal ons sê : Hoekom het ons nie na daardie ” pessimiste ” geluister, toe ons die kans gehad het nie ! !
Jan Boer – “Die grootste struikelblok wat ons almal mee sit, is om weg te breek van die NSA rotresies, en n nuwe begin te maak.”
Ek het bedank, huis verkoop en treklorrie gepak en die pad gevat. Ons het hier op die plaas aangekom, ons besittings onder kameelbome en seile gestoor en `n 10x5m weermagtent opgeslaan. Vader het ons hier verwelkom met die mooiste sonsondergang van oranje en blou wat ek nog ooit gesien het. Die eerste oggend toe ek my oë oopmaak, kyk ek in berge vas reg rondom ons; vir `n oomblik het ek gedink dit is paradys. Geen motorgeraas, sirenes en barbare nie.
`n Paar goeters vanaf die korporasie het bv gesorg dat ons kon bad in `n beeskrip, pype vir krane aanlê en so aan. Het `n paar hoenders, eende, skape, bokke en beeste aangeskaf, begin huis bou en tuinmaak. Ons het onself gedistansieer van ALLE sisteme en as ek sê alles, bedoel ek alles. Ons gebruik sonkrag en wek 20 – 30kWh `n dag op en stoor 60kWh.
Ons het ruilhandel hier plaaslik probeer, maar die boere is van opinie dat as hy iets benodig, dan gaan koop hy dit. Die term ‘elkeen vir homself ‘ het hier nuwe betekenis gekry. Hulle het tot vandag toe nog nie eens kom groet nie. Die Adamiet het inderdaad ver geval…
Moenie dink nie, doen net!
Jan Boer;
Op hierdie stadium moet ‘n paar manne byeen kom en besluit hoe om so ‘n projek te begin.
Die tweede stadium is dat daar gery moet word, en besluit word waar om dit te doen.
Derde stadium is die beskikbaarheid van grond, en wat dit gaan kos.
Vierde stadium word daar bepaal of die plek oor moontlikhede beskik om ‘n inkomste te genereer.
Die beskikbaarheid van water is ‘n voorvereiste.
Stadium een is om ‘n paar manne wat lus het om hierdie uitdaging te aanvaar, bymekaar te kry.
Ek het reeds gesê dat ek beskikbaar is.
Wie nog??
Ek het gaan Google Earth volgens jou info Vaalseun. Ek het wel ‘n plek met Witsand gekry, maar dit lyk nie of daar ‘n dorp is nie. Ek sien net uitgestrektheid en ‘n paar paaie wat daar is.
Die idiaal sou wees om so na as moontlik aan die Oranje Rivier ‘n stuk grond te kry. Grond pryse is seker hoog.
Waar kry jy jou water vandaan?
Arnold – Witsand is nie `n dorp nie, dit is `n natuurresevaat. Al hoekom ek Witsand genoem het, is om `n gebied aan te dui. Water uit boorgat -skoon en lekker.
@ Vaalseun,
Met verwysing na Vader….is dit bloedverwant of n hipotese. ( Hemelse Vader? )
Indien lsg. – dui aan waar’s dit. Het so 300+ armblankes uit Kraaifontein se Bloekombos wat ek met vry vervoer sal opry.
Indien jou idilliese bestaan te wyte is aan jou vader, sal ons ( sy eiendomsreg in ag genome ) respekteer. Intussen kan jy voelers by hom uitsteek? Ek meen….hoeveel van ons is dit beskore om vanwee bloedverwantskap….so gerieflik te gaan afpak ?
Groete in afwagtende antisipasie,
Ruiter Karweier.
Arnold,
Die Oranjerivier en alle ander riviere is vir alle praktiese doeleindes besmet en ek glo dat dit nog siektes tot op jou drumpel gaan bring. Grond is my omgewing is sowat R2000 – R2500 per hektaar en drakrag sowat 7 hektaar per grootvee eenheid. Hier is tans 3 plase aanmekaar van 7800 ha beskikbaar vir 18 miljoen.
Wat bedoel jy met so `n projek? Is dit stoorplek, vlugkamp, gedeelde boerdery, besetting van `n nuwe blanke gebied of wat? Kom ons praat en definieer wat die behoefte is en dan oor hoe by dit uitgekom kan word.
Stap een is om te besef dat jou lewensstyl gaan verander, maak jou los van allerhande dingetjies waaraan jy verknog is; dit is meer `n geestelike pad as enigiets anders.
Ruiter – “Indien jou idilliese bestaan te wyte is…” – as jy afgelei het dat dit `n idilliese bestaan is, dan het ek seker vergeet om te noem dat dit deursettingsvermoeë en harde werk gekos het en steeds is.
‘Vader’ verwys na my geestelike Vader want dit was Sy wil om my hier te plaas want ons is op die vooraand van groot woelinge – die geestesstryd.
As jy die mense aanry hiernatoe, onthou om saam te kom, ek wil jou ore so bietjie draai totdat die ligte ook vir jou aangaan.
Die dat my ligte dag en nag aanbly. My vrou het vingers en hande soos “vice-gripps”.
Ruiter sonder [b]ril of ore.
Om dit HIER te bespreek is selfmoord. Teveel doemprofete en saboteurs.
Om net bloot êrens op ‘n duur stuk grond te gaan sit sal nie deug nie. En om met te min water oor die weg te kom is nog erger.
Gee my ‘n stuk grond en water, dan kan ek enige wense laat realiseer.
Om jou vraag te antwoord: Daar moet geld gemaak word. Dit is die absolute prioriteit.
Daarna is enigiets moontlik.
Vaalseun, my situasie is so dat ek net stoorplek soek wat veilig is. Daar is geen manier dat ek op my ouderdom en gesondheids-situasie, n groot projek kan aanpak nie. Dit is n ding vir jonger manne. Maar jou lewens-storie, is iets BAIE besonders ! Ek het baie gewonder of die ” trekker-gees ” van ons voorouers, n genetiese ding was. Of het dit te doen gehad met of hulle meer Duitse of Franse bloed ens, in hulle are gehad het ? Was dit net n ondraaglike politieke situasie ? Jy het daardie trekker-bloed in jou, Vaalseun ! As jy n vrou en kinders het, glo ek hulle is van dieselfde stoffasie, wat bereid was om kaalvoet oor die Drakensberge te trek ! Jou storie is vir my tot GROOT seën. Ek sal graag met jou wil kontak behou op : [email protected] Groete.
Jan Boer,
Veilige stoorplek is wat ek jou bied in jou eie vraghouer. My vrou is `n Boervrou in murg en been en het nie `n oomblik gehuiwer of gesteier nie.
Hoekom wil jy goed stoor Jan? Wat verwag jy gaan gebeur? Wat ek wel glo is dat kos onbekombaar gaan word en daar `n geweldadige situasie gaan plaasvind wat almal gaan beïnvloed. Ons wag al lankal vir dit om te gebeur; die potjie kook…
Vaalseun, my pos op Oktober 31, is maar my uitgangspunt. As jy nie omgee nie, kontak my asb op my email adres vir verdere bespreking en gedagtes uitruil. Groete.
Albers = fransman = Jafet se nageslag. In Jesus NAAM.
RIGTER…+
Vir interssantheids onthalwe – eendag vra my tiener seun my van watter stam is ons. Kort daarna sê die Stem vir my:- “Jou aardse vader is van Benjamin, jy is van Benjamin en jou seun is van Benjamin, maar jou vrou is `n afstammeling van Juda”.
Die HERE Seen broer. In Jesus NAAM. Boetie Johannes…+
Arnold – “Wie nog??”
Jou vraag het geen belangstelling ontlok nie. Sodra `n mens praat van `n ‘lewensstyl verandering’ of iets fisies doen, dan kwyn die belangstelling. Dit is maar hoe dit is…
Arnoldus Pannevis,
Hou jou hoed en bly “oopkop”
Die ding van wil loop laer trek daar het n reukie van die Amerikaanse Amish-beweging/sekte.
As ek so die besigheid van onse Jan Boer @ Dirk Albers betrag – is dit n gevinknes en gekwetter daar op Vaandel Uitgewers se bekendstelling van Adriaan Snyman se boek : ‘Dit sal vining gebeur’.
Dis Israeliete, dis Boere en boere, dis Voortrekkers en Voortrekker-leiers, dis n gekattemaai oor welke van die Voortrekkers direkte afstammelinge vd Israelitiese Volk is etc etc. ( moet se….die vraag was pertinent deur een vd forumgebruikers hieroor gevra…..maar n klinklare antw bly verskuldig. )
Dus net bang jy neuk soon-toe en doen erge Witboek-skok in die proses op. Die [v] Kampkommandant daar immers n besetene wat ek verneem hierdie forum verbied is. Opsigself se dit genoeg.
Ruiter op Kruistog.
Dit is my ondervinding vir die afgelope ….Baie ….Jare Vaalseun.
Net soos met Jan Boer die geval is, is ek ook al amper op die krukke lys. Ek sou nie die vraag “Wie nog” gevra het, as ek alleen sou kon regkom nie.