Moslemvrou uit teater gegooi.

‘n Vrou geklee in Moslemdrag met ‘n sluier waarvan net die oë sigbaar is, is gevra om ‘n opera-uitvoering in Parys te verlaat nadat die sangers geweier het om met die uitvoering voort te gaan tensy verwyder word.

Die vrou het die ouditorium verlaat aangesien die dra van ‘n volle gesigsluier in Frankryk verbied is.

Die insident het tydens ‘n opvoering van La Traviata by die Opera Bastille in Parys plaasgevind.

Die vrou en haar metgesel was toeriste uit een van die Golfstate en het heelvoor agter die dirigent gesit. Hoewel dit die duurste sitplekke was, was hulle ook op alle monitors te sien.

Die prys van die kaartjies was R3,214.00 elk. Volgens ‘n woordvoerder van die operahuis het die paartjie net opgestaan en die opvoering verlaat sonder om aan te dring dat die geld vir die kaartjies aan hulle terugbetaal word.