Misdaad tref "hoë profiel" almeer

‘n Advokaat, Tshepiso Motsohoene, is in sy huis in Karenpark, noord van Pretoria doodgeskiet.

Die 41-jarige man is in die maag geskiet en sy moordenaars het met sy selfoon ontvlug.

Dit volg kort nadat die kaptein van die Bafana sokkerspan, Senzo Meyiwa, tydens ‘n klaarblyklike huisrooftog in Vosloorus aan die Rand doodgeskiet is.

‘n ANC-parlementslid, Jackson Mthembu, is  onlangs op ‘n baie kort afstand in die borskas geskiet toe hy geld by ‘n kitsbank in Witbank wou onttrek. Na wat berig is, was hy in staat om self na ‘n hospitaal te bestuur, waar hy ‘n tyd lank behandel is. ‘n Rukkie na die voorval is aangevoer dat vriende wat in ‘n motor vir hom gesit en wag het ook aangeval en van hulle besittings beroof is.

Dit is enkele voorvalle van die sowat 50 moorde wat daagliks in Suid-Afrika gepleeg word, en waarvan min moordenaars aan die pen ry.