Michael Schumacher herstel stadig.

Die neuroloog wat Michael Schumacher sedert sy ongeluk verlede jaar behandel het, het gesê dat die F1-kampioen se herstel nog tot drie jaar kan duur.

Die 45-jarige Schumacher word tans by sy huis behandel nadat hy vir ses maande lank in ‘n medies-geïnduseerde koma was. 

Dr. Jean-Francois Payen wat Schumacher behandel het na die ongeluk in Meribel, Switserland, het gesê dat die voormalige kampioen nie langer in ‘n koma is nie en stadig besig is om te herstel. 

"Die lewe na ‘n hoofbesering word deur verskillende stadia gekenmerk," het dr. Payen gesê. Hy reken die herstel kan tussen ‘n jaar en drie jaar neem.