Louis Trichardt wen sy saak

Die geveg tussen die ANC en inwoners van Louis Trichardt in Verre Noord-Transvaal, het uiteindelik in ’n hofsaak geëindig toe inwoners besluit het om reg en geregtigheid te laat seëvier.

Die stryd om die naam van die pragtige dorp was vir etlike jare aan die gang nadat ANC raadslede die dorp se naam eensydig verander het na een of ander vreemde woord in ’n swart taal.

Die inwoners kon die voorgestelde naam, Makhado, nie aanvaar nie, en het uiteindelik die hof genader – die dorp se naam was immer eensydig verander sonder om die korrekte prosedures te volg.

Louis Triichardt bly dus die amptelike naam soos wat die dorp oorspronklik genoem is en vernoem is na die gevierde Voortrekker-leier van bykans twee eeue gelede.

Die hofbeslissing hou ernstige gevolge in vir die munisipaliteit van die dorp, aangesien hulle reeds etlike jare gelede die naam Louis Trichardt verwyder het op naamborde van geboue en rigtingwysers.

Dit gaan ’n aardige bedrag kos om alles weer terug te verander soos dit moet wees, en belastingbetalers moet hiervoor opdok.