Lawa kruip nader aan Hawaise dorp

Baie van die Hawaise dorp, Pahoa, se 800 inwoners het begin om die plek te ontruim terwyl lawa van die Kilauea-vulkaan al nader kruip.

Twee paaie en ‘n begraafplaas is reeds deur die lawa oorstroom.

Weens die geweldige hitte van die lawa (1090ºC) kan brandweermanne nie eens poog om die huise in die pad van die vloeiende massa te red nie.

Kilauea op Hawaii se Groot Eiland bars al sedert 1983 uit, maar lawa het onlangs uit ‘n nuwe skeur begin vloei. In September het die uitbarsting bedaar, maar het onlangs opnuut begin.

Die spoed waarteen die lawa vloei wissel, maar dit vorder gemiddeld teen 5 tot 10 meter per uur afhangende van die topografie.