Kinderverwaarlosing ondersoek

‘n Saak van kinderverwaarlosing is aanhangig gemaak by die Springs polisie ná die dood van twee kinders in ‘n toegesluite motor in Strubenvale.

Altesaam vier kinders was in die motor, waarvan die oorledenes 6 en 4 jaar oud was en die oorlewende kinders van 20 maande en 5 jaar in ‘n redelike tot ernstige toestand verkeer.

Die twee kinders was reeds dood toe die nooddiens, Netcare 911, opgedaag het. Volgens Netcare 911 se woordvoerder, Santi Steinmann, was gesinslede besig om middagete in die huis te nuttig. Die kinders het buite gespeel en hulle waarskynlik in die motor toegesluit.

Die saak word nog ondersoek.