Kinderhuis se voertuie gesteel

‘n Noodfonds is op die been gebring nadat die President Kruger Kinderhuis in Pretoria se twee bussies gesteel is.

Die bussies en van die kinders se fietse is gesteel in die onophoudelike reeks diefstalle en inbrake wat die onderskeie woonbuurte in die Moot-gedeelte van Pretoria teister.

Die een bussie is reeds met behulp van ‘n ingeboude opsporingstelsel by ‘n hof in ‘n Oos-Transvaalse dorp opgespoor.

Die bussies is gebruik om die 63 waarna in die Kinderhuis omgesien word, skool toe en terug te vervoer.

Die misdadigers het die voertuie en fietse in die vroeë oggendure gesteel. Hoewel die voertuie verseker is, sal die geld wat uitbetaal word nie naastenby genoeg wees om dit te vervang nie.

President Kruger Kinderhuis het vroeg in Oktober sy 75ste verjaarsdag gevier en is die oudste kinderhuis in Pretoria