Kakoa kan geheue help

‘n Bio-aktiewe bestanddeel in kakoa het die vermoë om geheueverlies wat met ouderdom gepaard gaan beduidend  te laat afneem.

Bykans 40 vrywilligers van 50 tot 69 jaar het daagliks vir drie maande ‘n spesiaal voorbereide kakoa drankie met ‘n hoë dosis flavonoïede (900 milligram) gedrink terwyl die toetsgroep ’n laer dosis (10 mg) gedrink het.

Verskeie toeste het getoon dat die groep wat die hoë dosis neem se geheue aansienlik verbeter het.

Meer werk met ’n groter groep is egter nodig om hierdie vroeë bevindinge te verifieer, het prof. Scott Small, van die Columbia Universiteit se Mediese Sentrum in New York gesê.

Flavonoïede het die afgelope jare groot belangstelling ontlok vanweë hierdie anti-oksidant se moontlikhede om ouderdomsverwante geheueverlies te stuit sonder om medisyne te gebruik.