Hy is maar grillerig

eDescription: http://naskrecki.smugmug.com/Goliath-birdeater/i-k4gk5Kp/0/M/Suriname_4562_444_B-M.jpg

Hierdie foto’s wys ’n spinnekop wat so groot soos ’n klein hondjie is en giftande van 5 cm lank het.

’n Navorser was in ’n Suid-Amerikaanse reënwoud toe hy ’n geluid hoor. Hy het ’n rot verwag, maar was stomgeslaan toe hy dié bielie van ’n spinnekop gewaar.

Dit was die Suid-Amerikaanse Goliat-voëlvreter – die grootste spinnekop ter wêreld.

Die spinnekop se bene kan tot 30 cm span en kan 170 gram weeg en is lid van die tarantula-familie.

Sy giftande kan deur ’n mens se vel byt, en die gevoel daarvan is soortgelyk aan die steek van ’n perdeby.

Te midde van sy naam eet die spinnekop gewoonlik nie voëls nie; maar verkies knaagdiere, paddas, akkedisse en slange.