Google begin politici koop

Google het vanjaar meer geld  aan politieke kampanjes as die internasionale beleggingsbank, Goldman Sachs, bestee. 

Die tenologiese reus se politieke arm, NetPAC het vanjaar $1.43 miljoen in besluitnemers se hande gesit – $30,000 meer as wat Goldman Sachs oor dieselfde periode spandeer het. 

Hierdie bedrae wat in die Financial Times geopenbaar is, dui op ‘n dramatiese verhoging in Google se politieke ambisies.