Google advertensies oortref gedrukte media.

Google se advertensie-inkomste is tans dubbel soveel as die gesamentlike inkomste van alle gedrukte koerante in Amerika. 

‘n Voormalige redakteur van die Washington Post waarsku dat die verbruikers binnekort gaan besef dat hulle slegs geld mors om in die gedrukte media te adverteer. 

Robert G. Kaiser sê die gedrukte media is te duur en die geld wat hulle van adverteerders kry, gaan binnekort opdroog. 

Die verskuiwing is reeds besig om te gebeur. Terwyl die inkomste van die gedrukte media bly daal het Google se inkomste jaarliks gegroei – van $70 miljoen in 2001 tot $50.6 biljoen in 2013.

Kaiser het verder genoem dat die Washington Post verlede jaar ‘n verlies van $40 miljoen gehad het, Newsweek het gefaal en Time is op sy laaste voete.