Galapagos-skilpaaie gered van uitwissing

Die reuse skilpaaie, oftewel Galapagos-skilpaaie is van algehele uitwissing gered na ‘n suksesvolle omgewingsprogram.

Die program is sowat vyf dekades gelede begin met slegs 15 reuse skilpaaie. Tans is daar nagenoeg  ‘n 1,000 van hulle op die eiland Espanola in die Galapagos-eilandgroep.

Die reuse skilpaaie se redding is een van die rare suksesverhale waar ‘n bedreigde spesie gered is en nou floreer, sê die leier van die studiegroep, James Gibbs.

Die Galapagos-argipel is in die Stille Oseaan sowat 1 000 km wes van Ecuador. Die Espanola-reuse skilpaaie se wetenskaplike naam is Chelonoidis hoodensis en hulle is 1 meter lank met ‘n saal-gesteunde dop. Hulle kan 150 tot 200 jaar oud word.

Die skilpaaie was veral gewild onder seevaarders wat hulle lewendig gevang het en vir vars vleis op hulle lang seereise gebruik het.