Gaan stap ‘n slag

Daar is heelwat gesondheidsvoordele verbonde aan die gebruik om te gaan stap.

Indien jy daagliks twintig minute gaan stap, kan tot soveel as 7 pond (1 kilogram = 2.20 pond) liggaamsvet per jaar verbrand word. Die risiko om ‘n verkoue te kry, word gehalveer indien daar 45 minute lank per dag gestap word.

Seniors wat 6 tot 9 myl (1 kilometer = 0.6214 myl) per week stap, is minder geneig om verstandelik agteruit te gaan namate hulle verouder, en dit sluit dimensie in.

Deur 30 minute per dag, vyf dae ‘n week te stap en matige dieetveranderinge aan te bring, kan die risiko om tipe 2 diabetes te kry, gehalveer word.  Dieselfde hoeveeldheid stapsessies kan die risiko van hartsiektes halveer, stres verminder asook bloeddruk en cholestrol verlaag. 

Selfs vir diegene wat aan artritis ly, kan stap pyn verlig asook funksionering, mobiliteit, gemoedstoestand en lewenskwaliteit verhoog sonder om die simptome van die siekte vererger. Indien jy gaan stap, stel die brein endorfiene vry en dit bevorder ontspanning en voorkom angstigheid en depressie.

Deur net 3 tot 5 ure per dag te gaan stap, kan die mortaliteit van vroue met borskanker met tot 50% verlaag word. 

Wenk: hou maar altyd veiligheid in gedagte wanneer daar in Suid-Afrika gaan stap word.