Gaan Numsa bly by Cosatu?

Die sekretaris-generaal van Numsa, Irvin Jim, het gesê die metaalwerkersvakbond  bly deel van die vakverbond Cosatu.

Hy het Donderdagaand buite Cosatu-huis gesê Numsa is die grootste lid van die vakverbond en dreig al lank om ’n linkse werkersparty te stig, maar die vakbond dring daarop aan dat Cosatu wegbreek van die ANC.

Numsa bly egter by Cosatu en sal nie self uit Cosatu bedank nie, want hulle glo  hy kan die vakverbond-federasie letterlik oorneem of kaap, en indien dit kan gebeur sal dit voordelig wees vir al die lidorganisasies maar kan nadelig wees vir die ANC.

Die leiers van Numsa wil poog om ’n spesiale ledekongres af te dwing, terwyl ’n kleiner kongres bestaande uit sowat 2,200 afgevaardigdes, word vir November beplan.

Hierteenoor probeer Cosatu om met sy invloed, die lede te oortuig om saam te werk met die doel om Numsa uit die vakverbond te skors.

Cosatu gaan glo ’n stemming hou op 7 November om die skorsing te bewerkstellig.

Numsa se leiers het glo Donderdagaand vergader om die nuwe verwikkeling te bespreek, en alles dui daarop dat die moontlikheid van ’n wapenstilstand tussen die twee, nie maklik bereik gaan word nie.

Politieke waarnemers meen dat Numsa verseker ’n nuwe politieke beweging gaan begin sodra die skorsing werklikheid word, maar dit kan ook lei tot ’n nuwe politieke beweging wat die EFF en Cope kan insluit.

Foto – Irvin Jim,