EU slaan Brittanje aan vir £1.7 biljoen.

Brittanje se lidmaatskap van die Europese Unie (EU) word bedreig deur ‘n eis van die instansie vir ‘n verdere £1.7 biljoen vir Brussels se koffers. En die tjek moet voor of op die 1ste Desember in hulle bank wees.

Die EU se eis kom nadat hulle teruggeval het op regulasies van 1995 en bevind het dat Brittanje se ekonomie het vinniger as verwagting gegroei en daarom moet hulle ‘n groter bedrag aan Brussels betaal.

Om dit erger te maak is aangekondig dat Frankryk ‘n korting van £790 miljoen sal ontvang, aangesien die land ekonomies swaar kry.

Die £1.7 biljoen kom bo-op die bedrag van £8 biljoen wat Brittanje jaarliks betaal. Frankryk, Duitsland en Denemarke is in kennis gestel dat hulle geld gaan terugkry.

Tydens ‘n persverklaring in Brussels het die Britse Premier, David Cameron, woedend gereageer en gesê hy sal nie die geld betaal nie en die eis dwing ‘n heroorweging van Brittanje se EU-lidmaatskap af.

Hy het ook gesê dat hulle daarop aandring om te weet hoe die EU hierdie bedrag bepaal het en gesê dit is onaanvaarbaar vir enige organisasie om die betaling van so ‘n groot rekening binne so ‘n kort tyd te eis.

Parlementslede was baie uitgesproke oor hierdie verwikkeling en het gesê dat die EU Brittanje wil penaliseer omdat hulle slim genoeg was om nie die euro aan te neem nie, en gebruik nou Britse belastinggeld om ander lande vir hierdie politieke obsessie vir ‘n monitêre unie te beloon.