Eloff sê nee dankie vir Stellenbosch

Die versugting wat geheers het by tientalle hooggeplaastes verbonde aan die Universiteit van Stellenbosch, moes tot hulle teleurstelling verneem dat dr. Theuns Eloff nie vir die pos as nuwe rektor sal aansoek doen nie.

Die pos het vakant geraak met die skielike afsterwe van  prof. Russel Botman.

Talle akademici het dr. Eloff as die aangewese persoon beskou, maar daar is ook diegene wat dit bevraagteken het in die lig van sy slegte verhouding met dr. Blade Nzimande, die Minister van Hoër Onderwys.

Die sluitingsdatum is vasgestel op Maandag 27 Oktober.