Casino — Kerke en skole nie wakker genoeg

In die saak waar sowat 14 belanghebbendes kapsie maak teen die voorneme van die die Metroraad om ’n casino in die oostekant van Pretoria toe te laat, het die advokaat van die verdediging gesê die kerke en skole het te laat wakker geskrik.

Selfs die aftreeoord wat naby die beoogde casino se perseel geleë is, moes eerder hulle mense ingelig het, maar almal het nou “te laat” wakker geskrik.

Dit is deel van die argumente wat die hof moes aanhoor tydens die betoog van die verweerders in die saak.

“Die Metroraad het ’n plig om hulle in te lig van die aansoek wat ontvang is vir die hersonering van die persele, en daarvoor was genoeg tyd gegee vir enige iemand om skrifteli hule besware in te handig.

Dit was die argument wat deur die Metroraad se regsverteenwoordiger, adv. Vuyani Ngalwana SC, aangevoer het ter verdediging van die raad se optrede.

“As beswaarmakers net die moeite gedoen het sou hulle onder die dokumente die planne vir die casino gevind het, maar hulle het dit nie gedoen nie”, het hy gesê.

Adv. Etienne Labuschagne SC, wat namens die beswaarmakers optree, het in sy betoog beweer daar is slegs melding gemaak van ’n plek wat vermaak sou aanbied, en niks is vermeld van ’n dobbelplek nie.

Regter Tolmay het sy uitspraak voorbehou.