Boer ernstig na terroriste aanval

Mnr. Ockie Lombard (48), ’n boer van Lydenburg in die Oos-Transvaal verkeer in ’n ernstige toestand in die Mediclinic van Nelspruit nadat hy deur ’n terroris in die maag geskiet is.

Die aanval is omstreeks middernag op sy plaas uitgevoer deur vier mans wat daarin kon slaag om sy huis in te gaan, waarna hulle hom na buite geneem en geskiet het met ’n .22 geweer.

Sy vrou Jana was vasgebind en is ontvoer nadat die terroriste met ’n klomp gesteelde goedere op die vlug geslaan het.

Sy is ’n ent verder gelos toe hulle sien dat daar ’n ander voertuig aankom.

Mnr. Lombard moes intussen ’n noodoperasie ondergaan nadat hy ’n probleem met sy hart ondervind het. Vrydag was hy steeds onder streng toesig van die medici, en hy verkeer in ’n ernstige, maar stabiele toestand.

Jana verkeer ook in ’n skoktoestand en ontvang behandeling daarvoor.