Bedel-houding gaan stop

Die ANC regering gaan glo nie meer die bedelhande van openbare ondernemings goedsmoeds help wat nie self die mas wil opkom nie.

Die Minister van Finansies, Nhlanhla Nene, het die aankondiging gemaak tydens die tussentydse begroting wat hy in die parlement voorgelê het.

Benewens die reuse bedrag wat aan Eskom beskikbaar gestel gaan word met die verkoop van staatseiendomme ter waardee van nagenoeg R20 miljard, is die Poskantoor ook in die ry van openbare bedelaars vir hulp, maar dit blyk egter dat die minister nie gretig is om die diens finansieel te help nie.

Die Poskantoor se sake is so ellendig dat hulle waarskynlik nie die salarisse aan die einde van Oktober sal kan betaal nie.

Hy het gesê hulp kan net verleen word waar openbare ondernemings met ’n haalbare, en geloofwaardige sakeplan na vore kom in hulle aansoek om finansiële hulp.

Nhlanhla Nene  reken die moontlikheid bestaan dat sekere ondernemings waarskynlik beter sal doen as hulle geprivatiseer word.

Foto – Nhlanhla Nene