BCVO tennis uiters kompeterend

http://woman.thenest.com/DM-Resize/photos.demandstudios.com/getty/article/110/48/86502358.jpg?w=600&h=600&keep_ratio=1

Die Beweging vir Christelike Volkseie Onderwys se jaarlikse nasionale tenniskampioenskappe het begin op Vrydag 24 Oktober op Groblersdal.

Wedstryde het so vroeg soos om 8 uur die oggend op die bane van CVO Gromar begin.

Sowat 50 seuns en dogters het oor 2 dae deelgeneem, om aan die einde van die toernooi gekroon te word as kampioene in hul verskeie ouderdomsgroepe. Al die provinsies binne die BCVO word verteenwoordig.

Mnr. Gerhard Swart, voorsitter van die BCVO sportraad, sê dat strawwe kompetisie verwag is omdat tennis in CVO skole op ’n hoë standaard is.

Hy sê dat die toernooi, soos vorige kere, in goeie gees en sportmanskap plaasgevind het.

Hierdie toernooi is weer ’n bewys dat sport binne die BCVO op kompeterende vlak aangebied word en uitstekende geleenthede vir kinders bied.

Volksgenote in die omgewing van Groblersdal word uitgenooi om ons kinders te kom ondersteun by sportgeleenthede soos BCVO se tenniskampioenskap