Die Afrika-leeu staar uitwissing in die gesig aangesien die totale bevolking die afgelope drie dekades met meer as 50% afgeneem het.
Slegs 34 000 Afrika-leeus is nog oor, waarvan driekwart (24 000) net nog tien vestings in Afrika het. Die spesie (Panthera leo leo) is in ander dele soos in Wes-Afrika heeltemal uitgeroei.
Hierdie ontstellende gegewens het die Amerikaanse staatsdepartement vir
Die afname in die leeus se getalle
Indien die voorstel aanvaar word om die Afrika-leeu by die Wet op Gedreigde Spesies te voeg, sal dit onwettig wees om leeus in gevangenisskap te jag of dood te maak in Amerika sonder dat ‘n permit vooraf verkry is. Die beoogde wetgewing sal ook die verkoop van leeus en gedeeltes van leeus raak.
Ek is nie honderd persent seker van die huidige situasie nie, maar dit is moontlik dat plasing van die leeu as a bedreigde spesie nie net in Amerika self van toepassing gaan wees nie, maar ook Amerikaners gaan verhinder om enige plek in Afrika ‘n leeu te jag en om die troifee dan in te voer. Sou dit wel die geval wees, pluk die Amerikaners weereens die mat uit onder die bewaringsgebiede (of wildplase) in Afrika waar leeus in oormaat beskikbaar is. As jag aldaar verbied sou word, gaan dit die bewaring van die leeu ernstig benadeel: as ‘n leeu geen waarde het om konsumptief te benut nie, hou die aanhou van die diere geen ekonomiese aansporing in vir byvoorbeeld die wildboer nie. Leeus wat in suiwer toerismegebiede voorkom, word natuurlik nie benadeel nie.