African Bank benodig dalk nie R7 miljard

Die ministerie van Finansies is van mening dat African Bank nie die reddingsboei van R7 miljard wat die regering as waarborg aan die Reserwe Bank verskaf het, gaan benodig nie.

Nhlanhla Nene, die Minister van Finansies, sê African Bank en Eskom is die twee kopsere gewees vir die regering gedurende die afgelope maande.

Die minister het gesê hulle het vroeër vanjaar kennis geneem dat African Bank probleme het en in moeilikheid beland het, maar dat ’n sogenaamde “nuwe African Bank” binnekort sal vestig wat ook gaan noteer.

Dit blyk dat African Bank se probleme ontwikkel het rondom sy ongesekureerde krediet wat toegestaan is.