Ebola is nie die nuwe boulmasjien wat die proteas in netoefeninge gebruik nie. Dis ‘n siekte, ‘n lelike een! Op al die foto’s van ebola
Die Ebola virus maak reeds in die huidige epidemie, duisende mense dood en dit
Die weste was toe te jammer. Groot is om verskoning gevra vir die inbreuk wat gemaak is op die lewens van hierdie mense. Sedertdien is Afrika soos ‘n mishandelde hond as die hand van die weste naderkom. Eers grom hy, dan byt hy die hand tot die kos en hulpmiddele uitval, dan vat hy dit maar (want die weste skuld hom immers vir al die jare wat hulle menswaardigheid aangetas is), dan blaf hy weer van verontwaardiging omdat die weste dit laat lyk of Afrika nie vir homself
Nou skielik het Odumbe een te veel vlermuis afgelek. Eers het die toordokter vir hom gesê het dit sal verbeter sodra hy met sy niggie ophou lol. Toe dit nie beter word nie het hy in sewe maatjies se ore gespuug het om te kyk of hulle ook siek word. Nadat hulle elkeen eers getoets het of maatjies van ander lande ook vatbaar is, is begin om die WGO te blameer omdat hulle nie betyds genoeg, genoeg miljoene spandeer het om die internasionale epidemie te kom bekamp in die lande waar hulle destyds weggejaag is nie.
Nou skielik moet mense seminare kom aanbied om insittendes te leer om nie vlermuise en bobbejane te eet nie (want die eerste poging daartoe was onsensitief vir die Afrika-kultuur), dokters wat nie besef hulle het grense nie spring vir die geleentheid om die helde te wees van volke wat hulself nie wil of kan help nie en helpende hande wegklap, byt en natmaak solank hul leef. Hulle jaag nou met westerse vervoer op vervalle paaie wat die weste eens goed gebou het met siekes rond wat hul oupas destyds terug weste toe verjaag het.
Ek besef ek klink seker onsensitief, maar julle verstaan my verkeerd. Ek probeer juis sensitief wees vir die regte en kultuur van die afrika-mens wat nou alweer vertrap word deur die weste wat Ebola as verskoning gebruik!
Tot volgende slag,
Die Sweep
Sweepslag….jy praat my taal ….en raai wat , dit kom van diep binne….ek is nie geindoktrineer in `n verregse universiteit of op oom ET se plaas ….Die Woord en Gees , het dit geopenbaar…
Goeiedag Sweep,
Dankie, soos vorige al die kere, vol-in-die-kol!
Boeregroete,
DuP
‘n Professor in die Wes-Kaap het eendag gesê die mense praat verkeerd as hulle sê “Die Geskiedenis Herhaal Homself”. Geskiedenis kan hom nie self herhaal nie, want niks wat gebeur is presies dieselfde nie, maar daar is wel “ooreenkomste”.
Wel, een van daardie “ooreenkomste” is die voorkoms van die siekte EBOLA. Omdat die teendeel nie bewys kan word nie, is dit seker die mense se reg om te “wonder” of die Ebola-virus nie dalk deur sekere instansies misbruik word nie.
Ek het die eerste keer van Ebola gehoor toe wetenskaplikes dit in 1967 in Kenia en die destydse Belgiese Kongo ontdek het. Die ervaring wat die mens destyds opgedoen het (beide slagoffers as wetenskaplikes) is alles opgeteken en te boek gestel.
Wat ek probeer sê oor “die geskiedenis wat homself herhaal”, is dat mense nou maar eenmaal nie uit die geskiedenis wil leer nie. Dit is waarom die geskiedenis geneig is om “homself te herhaal”.
Dit is waarskynlik steeds nie 100% seker wat presies Ebola veroorsaak nie, maar wetenskaplikes vermoed dit is ‘n virus wat al “miljoene jare” in die hart van Midde Afrika bestaan. Daardie geheim van Afrika is oopgekrap toe die mens begin krap het waar dit nie gejeuk het nie. Allerlei proefkonyne is al gebruik om uit te vind waar die siekte vandaan kom. Eers is vermoed dat dit vlêrmuise uit ‘n sekere deel van die Kongo is wat dit versprei het. Daar is ook vermoed dat dit premate (ape) is. Altwee hierdie diere is draers, en versprei die virus, maar wat is die oorsprong van Ebola? Of die mens ooit ‘n antwoord op dié vraag sal kry, sal net die tyd leer.
Feit is, die mens weet teen hierdie tyd hoe om dit te keer wanneer dit uitgebreek het, maar die mens wil nie leer uit die geskiedenis nie.
Die Amerikaanse skrywer, Richard Preston, beskryf die siekte en die omstandighede daarvan, in die jare 1967 tot 1993, in sy boek “The Hot Zone: The Most Terrifying TRUE Story You Will Ever Read”.
Die verhaal speel hom af in die reënwoude van Afrika; van Mombasa aan die ooskus, oor Nairobi, Kisumu, Entebe, Kisangani, Kinshasa tot aan die weskus by Pointe-Noire.
Een van die eerste blankes wat aan Ebola gesterf het, was die 56-jarige Fransman – Charles Monet – wat in Kenia gewerk het.
Ebola en Marburg se siekte, is maar net 2 van die virusse wat vir eeue ongehinderd in die buik van Afrika gelê het. Maar, weens die mens se behebtheid om die natuur te vernietig, bome om te kap, reënwoude uit te roei, en wilde diere in hokke aan te hou, peul daar nou allerlei goggas uit.
Die skrywer sê, as GRIEP ‘n vlak 1 virus is, en HIV/Vigs is ‘n vlak 2 virus, dan is MARBURG en EBOLA vlak 4. Ebola versprei ongelooflik vinnig. Dit versprei deur enige vloeistof wat die liggaam uitskei (bloed, sweet, spuug, sperma, ens). Dit kan selfs deur die lug versprei word. Die virus kan buite die liggaam oorleef. Die dood slaan vinnig en dodelik toe. Ontsnapping is blykbaar nie moontlik nie.
Sekere bronne in Nederland het onlangs (taamlik arrogant) verklaar dat Ebola in Nederland “nie moontlik” is nie. (Waarom nie? “Omdat die Nederlanders te goed voorbereid is op so ‘n uitbraak, en die verspreiding daarvan in Nederland” – sic.).
Mense wat allerlei diere uit Afrika invoer: soos voëls in koue; apies, chimpanzees, reptiele, ensovoorts, speel met vuur. Dit is wel so dat die Ebola-virus vinnig “uitbrand” (na 24 dae sterf die virus), maar hoe weet ‘n mens of daardie pappagaai, of apie, nie dalk binne 24 dae gelede nog in Kenia, of Uganda, of Nigerië, of die Kongo, was nie? Nederland is wel ver gevorderd op die gebied van gesondheid, maar GEEN land is onaantasbaar nie. Geen land kan keer dat Ebola by die agterdeur inglip nie.
Die voorsorgmaatreëls wat Preston in sy boek beskryf en bespreek, is baie duidelik. “Moenie die siekte versprei nie. Isoleer dit!”
Sedert die “her-uitbraak” van Ebola in Wes-Afrika, sowat 5 maande gelede, het ons in die internasionale media gesien hoedat “Dokters Sonder Grense”, en ander gesondheidsgroepe, in hul duisende op Wes-Afrika toesak. Die Nederlanders is bekend vir hul “humanitêre” ingesteldheid. Hulle wil altyd eerste wees om te help, en hulle wil altyd voor op die wa wees. Ongelukkig vir hulle, is dit ook hulle wat soms die siektes help versprei.
Toe ek die internasionale paniek op tv sien, en die gesondheidswerkers wat so wild te kere gaan, het ek geweet – EBOLA SAL NIE STERF NIE!
Dankie Peter.
Soos altyd, skryf jy lekker kommentare wat interresante leestof is.
Sal graag meer van jou wil lees.
Ebola is amper soos petrol. As jy hom isoleer, sterf hy net so vinnig as wat hy ontstaan het. Mens blus ook nie ‘n vuur met petrol nie, maar met water. Dokters Sonder Grense het almal ‘n klein kannetjie petrol in hul sakke. Pleks daarvan om bloot ‘n kordon om die vuur te span, en die vuur toelaat om homself uit te woed, probeer hulle om die vuur met hul klere dood te slaan, terwyl hul klere na petrol ruik!
Ek sekondeer ! Dit is weliswaar wonderlik dat mense bereid is om hulle lewens te gee om n sub-ras barbaar te red. Maar die groot probleem ontstaan, as daardie ” filantroop ” huistoe kom, en ander onskuldige mense aansteek, wat gladnie filantrope wil wees nie. Kan hy/sy ABSOLUUT seker wees dat dit nie kan gebeur nie ?Gelukkig het ek nie sulke wonderlike mense in my vriendekring nie, en dit pla my nie eers nie !
Hierdie hele ‘ingryping’ deur veral Amerika, ruik vir my eerder na ‘n rot as na petrol.
Die Amerikaners het sommer ‘n magdom soldate ook na Wes Afrika gestuur.
As die “teenmiddel” nie werk nie, gaan hulle daardie virusse seker dood skiet.
Soos Putin onlangs beweer het: As die wêreld nie met Amerika saamstem nie, dan word hulle gebombardeer, of geboikot, of met propaganda gesmoor.
Een van die drie metodes gaan nou seker teen die Ebola virus ingespan word.