ED Pills
Your love life without pills | Viagra devient moins cher et plus disponible | Viagra per i suoi benefici | Letztes Wort zu Viagra | Viagra utan recept i Sverige

Daily Archives: October 27, 2014

Hy is maar grillerig

e Hierdie foto’s wys ’n spinnekop wat so groot soos ’n klein hondjie is en giftande van 5 cm lank het. ’n Navorser was in ’n Suid-Amerikaanse reënwoud toe hy…

Geluk aan boere vir flinke optrede

TLU SA wil die boere van Leeudoringstad in Wes=Transvaal gelukwens met hulle optrede wat daartoe gelei het dat twee moordenaars van ‘n boer self met hulle lewe daarvoor moes boet….

Ek skrik my boeglam

Die Redakteur Ek het my boeglam geskrik! Eers gedink daar is fout met my rekenaar. Toe dink ek die internet toegang is beduiweld tot ek op ander webblaaie kon aanteken,…

Oekraïne verkies Westerse bondgenote

Pro-Westerse partye sal na verwagting die pas afgelope verkiesing in die Oekraïne wen. Die stemtellery is nog aan die gang nadat die verkiesing oor die naweek plaasgevind het. Volgens uitgangspeilings…

Khama weer Botswana se president

Botswana se president Ian Khama is vir ‘n tweede termyn herkies nadat sy party volgens voorlopige uitslae die meeste stemme in die pas afgelope verkiesing gekry het. Sy Botswana Demokratiese…

Megastad, Jo-Toria, sal waarde bied

‘n Nuwe megastad, bekend as Jo-Toria, sal teen 2020 jaarliks die geleentheid vir sosiale innovering ter waarde van $15 miljard (sowat R165 miljard) in Suid-Afrika bied. Navorsing deur Frost &…

Phiyega van SAPD word ondersoek

Dringende wetlike en dissiplinêre probleme in die polisie gaan deur ‘n komitee ondersoek word. Die nasionale kommissaris van polisie, Riah Phiyega, gaan ondersoek word omdat sy na bewering die Wes-Kaapse…

Motor rubriek – Kia Picanto 1.2 EX Man

Die Kia Picanto is reeds vir etlike jare ‘n bekende gesig op ons paaie. Hierdie klein “parmant” van Koreaanse afkoms het sy stempel duidelik afgedruk in motor kringe en is…

Aloe rupestris / borselaalwyn of kraalaalwyn

Aangesien dit warm is met son wat helder skyn en hoë temperature, is dit nogal raadsaam om ‘n paar aalwyne in die tuin te plant. Dit vertoon altyd pragtig, van…

SABC se Tshabalala dop by Unisa

Die SABC-voorsitter Ellen Tshabalala het die meeste van haar Unisa-kursusmodules gedruip. Hierdie getuienis sou kort gelede gedien het voor die portefeuljekomitee vir kommunikasie, maar Tshabalala se regsverteenwoordigers het ‘n hofbevel…

Michael Schumacher herstel stadig.

Die neuroloog wat Michael Schumacher sedert sy ongeluk verlede jaar behandel het, het gesê dat die F1-kampioen se herstel nog tot drie jaar kan duur. Die 45-jarige Schumacher word tans by…

Staatsindiensneming bedreig ekonomie

Die regering van ‘n land kan in vele opsigte met die van ‘n maatskappy vergelyk word, veral op ekonomiese gebied. Wanneer die staat se salarisrekening ‘n te groot begin word…

Moslemvrou uit teater gegooi.

‘n Vrou geklee in Moslemdrag met ‘n sluier waarvan net die oë sigbaar is, is gevra om ‘n opera-uitvoering in Parys te verlaat nadat die sangers geweier het om met die…

Nigerië uitpresteer S.A.

Nigerië se verwagte ekonomiese groeikoers vir 2015 is verhoog van 6.2% na 6.75%. Die bekendstelling is deur die land se minister  van finansies, Ngozi Okonjo-Iweala, gedoen. Suid-Afrika se verwagte ekonomiese…

Skrootmetaal se onheil kook uit

Die hofsaak van die Johannesburgse skrootmetaal handelaar, Neil Davies, en vier mede-beskuldiges beloof om onthutsende onthullings oor sindikate se handel met koper aan die lig te bring. Davies is ondertussen…

Wes-Kaapse winkelrowers kry dit hotagter

Die Wes-Kaapse polisie is warm op die spoor van verdagtes wat betrokke is by die reeks rooftogte by winkelsentrums nadat ‘n klomp van die rowers geïdentifiseer is. Die hulp van…

Puk gaan entstofproewe doen

Navorsers verbonde aan die Universiteit van Potchefstroom is baie opgewonde oor die vooruitsig om deel te wees van die hervestiging van kliniese proewe vir die vervaardiging van menslike entstowwe en…

Twee terroriste doodgeskiet na plaasmoord

Die vinnige optrede van ‘n Wes-Transvaalse plaasgemeenskap het gesorg dat twee terroriste doodgeskiet en ‘n derde een aangekeer is na ‘n plaasaanval naby Leeudoringstad. Die drie misdadigers het mnr. Johan…

26 dokters reeds weg by Universitas.

Nadat 26 dokters die afgelope jaar by die Akademiese Hospitaal Universitas in Bloemfontein bedank het, is die hoofamptenaar van die hospitaal, dr. Sehularo Gaelejwe op spesiale verlof geplaas.  Die stap…

SAL kry nie ‘n sent nie

Hoewel daar kort-kort berig word oor die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se finansiële probleme, is daar in die mediumtermyn-begroting nie ‘n sent aan die instansie toegewys nie. Maar die minister van Openbare…

Sanral misbruik hofbevel

Die Minister van Menslike Nedersettings, Lindiwe Sisulu, het die Suid-Afrikaanse Padagentskap (Sanral) daarvan beskuldig dat hulle ‘n hofbevel misbruik het om 400 gesinne in Lwandle van sy grond te verwyder. …

Eloff sê nee dankie vir Stellenbosch

Die versugting wat geheers het by tientalle hooggeplaastes verbonde aan die Universiteit van Stellenbosch, moes tot hulle teleurstelling verneem dat dr. Theuns Eloff nie vir die pos as nuwe rektor…

Rektor Jansen met langverlof

Prof. Jonathan Jansen, die beleërde rektor van die Vrystaatse Universiteit gaan glo vir drie maande in die VSA deurbring om aan sy nuwe boek te werk wat hy besig is…

SA Lotto word bevraagteken

Die dobbelhuis bekend as Lotto, is uiters ondoeltreffend en maak van Suid-Afrikaners nie net mense met ’n bedel-mentaliteit nie, maar ook ’n melkkoei. Dit is die mening van ’n ontleder…

Ramaphosa prys AAS

Volgens die ANC regering se onderpresident, Cyril Ramaphosa, is AAS (Aandele Afpersing vir Swartes) noodsaaklik om verskeie redes. Dit voldoen aan die land se grondwet, dit stel die “ongeregtighede van…

BCVO tennis uiters kompeterend

Die Beweging vir Christelike Volkseie Onderwys se jaarlikse nasionale tenniskampioenskappe het begin op Vrydag 24 Oktober op Groblersdal. Wedstryde het so vroeg soos om 8 uur die oggend op die…

Privatiseer Staatsgrond om begroting te laat klop

Grond in die staat se hande, is ‘n ongesonde praktyk wat die land en Landbou net skade berokken. Mnr. Louis Meintjes, TLU SA se President, het gereageer op die bekendmaking…

Regter beslis oor OB-gesag

Bevindings wat deur die Openbare Beskermer gemaak word, mag nie geïgnoreer word nie, maar is ook nie bindend en afdwingbaar nie. Dit is die bevinding van regter Ashton Schippers in…

Tiener val blanke dame aan

Die aanval van ’n tienerseun het Marlize Claassens (55) van Swellendam in die intensiewesorg-eenheid van die Tygerberg-hospitaal laat beland nadat hy haar in haar tuin aangeval het. Volgens ’n polisiewoordvoerder…

Boer ernstig na terroriste aanval

Mnr. Ockie Lombard (48), ’n boer van Lydenburg in die Oos-Transvaal verkeer in ’n ernstige toestand in die Mediclinic van Nelspruit nadat hy deur ’n terroris in die maag geskiet…

Selfoonprater ry verkeersman dood

’n Verkeersbeampte is op die toneel dood toe ’n vragmotor op die N1 snelweg na Kroonstad op ’n ongelukstoneel teen hom vasgejaag het, en ’n tweede beampte daardeur ernstig beseer…

Plakkerskamp bewoners kry huise

Die plakkerskamp, bekend as Kya Sands, wat ten noorde van Johannesburg geleë is, is feitlik geheel en al vernietig deur ’n verwoestende brand, en gaan die inwoners nou glo van…

Nog diere vrek van verwaarlosing

Die hoeveelste geval is nou aangemeld van diere wat so erg verwaarloos is, dat hulle vrek, en hierdie keer isl dit op ’n staatsplaas, Spaarwater, buite Nigel waar hulle aangehou…

Breuk by hospitaal het wantroue gevestig

Die breuk wat veroorsaak is met die skorsing van die Universitas-Akadmiese Hospitaal in Bloemfontein se hoof, dr. Sehularo Gaelesjwe, het wantroue gevestig wat nie maklik herstel sal word nie. Dit…

Groot sindikaat se lede ontken skuld

Die groot perlemoen-sindikaat, waarvan 25 lede vasgetrap is, ontken almal skuld op die meer as 700 aanklagte teen hulle. Die sindikaat is blykbaar die grootste in onwettige perlemoen aktiwiteite wat…