Vrystaat gaan gebuk onder brande

Meer as 85,000 hektaar winterweiding het in vlamme opgegaan met veldbrande in die Oos-Vrystaat gedurende die afgelope week.

Woeste brande het verlede Woensdag begin en met die koue en winderige weer van die afgelope week, was die brande onkeerbaar en vernietigend.

Talle boere in die omgewing van Bethlehem het geen weiding oor nadat die brande losgebreek het nie.

Die sterk wind wat gedurende die week gewaai het, was dit ’n onmoontlike taak om diie veldbrande onder beheer te kry, en die vermoede bestaan dat talle veldbrande deur kwaaddoeners begin is.

In die Clarens distrik het meer as 26,000 ha weiveld in die slag gebly.

Talle distrikte het begin om nog wyer veldbrand bestryding te begin met voorbrande wat aansienlik wyer is as wat die voorgeskrewe reël bepaal.