Vrou in Londense woonbuurt onthoof

‘n Bejaarde weduwee is in die Londense woonbuurt, Edmonton, in ‘n agtertuin met ‘n panga onthoof.

Die 82-jarige Palmira Silva se bure is uiters geskok oor die moord op hul buurvrou in Nightingalestraat.

Die polisie het ‘n man aangekeer wat oor die heinings van verskeie huise se agtertuine gespring het. Hy was in swart geklee en het al skreeuende en gillende rondbeweeg. ‘n Groot aantal lede van die polisie het regdeur die nag op die toneel gewerk.

Tot dusver word die moontlikheid van ‘n terroristiese daad uitgesluit.

Waarnemers in Suid-Afrika seq dit is merkwaardig watter ophef van die voorval gemaak word terwyl die volksmoord in Suid-Afrika geïgnoreer word deur die media.