Vlug MH17 was afgeskiet

Die Maleisiese passasiersvliegtuig wat in die oostelike deel van die Oekraine neergestort het, is neergeskiet en daar was geen fout met die vliegtuig nie.

Dit is die bevinding van die Nederlandse Veiligheidsraad soos dit vervat is in hulle voorlopige verslag oor die voorval.

Die vliegtuig, van Malaysian Airlines se vlug MH17 het op 17 Julie 2014 neergestort met 298 mense aan boord.

Volgens die verslag toon alle bewyse dat die vliegtuig van buite deur ’n aansienlike groot aantal projektiele gepenetreer is.

Die bevinding verskil aansienlik van die sogenaamde “aanvaarde beginsel” dat die tuig met ’n grond-tot-lug missiel afgeskiet is.

Tot hede is aanvaar dat die tuig met ’n missiel afgeskiet is, maar berigte wat voorheen deur Die Vryburger geplaas is, het verwys na ’n ander vliegtuig wat die passasiersvliegtuig gevolg het, en wat toegerus was met projektiele.

Foto – Wrakstukke van MH17