Vlug MH17-verslag binnekort bekend

Die Nederlandse ondersoekers wat die vlugopnemer ontleed het bekend gemaak dat ’n voorlopige verslag binnekort vrygestel sal word.

Benewens die vlugopnemer se gegewens sal die verslag ook gegewens bevat van mense wat getuig het oor die voorval.

Waarnemers meen die verslag behoort Dinsdag 9 September gereed te wees, maar daar bestaan glo wantroue oor die onpartydigheid van die verslag..

Tot hede het Westerse lande die blaam op Rusland geplaas vir die vliegtuigramp wat in die Oekraïne die lewens van al 298 passasiers en bemanning aan boord geëis het.

Die voorlopige verslag gaan waarskynlik inligting bevat wat ontvang is van bronne wat aan die Nederlandse Veiligheidsraad beskikbaar gestel is.

Geen mediakonferensie word beplan wanneer die verslag gereed is nie

Foto – Wrakstuk van MH17