Stellenbosch-kampus word misdaad-mekka

ʼn Jong student (22) van die Universiteit van Stellenbosch is in een van die studente-huise op die kampus verkrag deur n onbekende man, wat daarna skootrekenaars en selfone van die inwoners gestel het voor hy gevlug het.

Sy is een van sewe studente wat in die studentehuis woon, en sy en nog n student was alleen in die huis toe die voorval die afgelope naweek plaasgevind het.

Studente het later geseq hulle word nou baie bekommerd en het nie meer lus om voort te gaan met hulle studies by die Universiteit wat nou as ʼn baie gevaarlike en uiters onveilige kampus gesien word.

Die student is glo die afgelope Saterdagoggend, in die omgewing van 6.00 oorval en verkrag in  n sogenaamde LLL-huis vir senior studente in Joubertweg,

Studente sê die Universiteit se owerheid is skynbaar nie opgewasse om die aanhoudende, en toenemende misdaad te bekamp nie, en dit veroorsaak dat voornemende studente hulle tot ander Universiteite sal wend as daar nie ’n verandering intree nie.

Die jongste voorval het plaasgevind kort nadat ’n vergadering gehou is rakende

veiligheids-beplanning tussen die polisie, plaaslike munisipaliteit, en die Universiteit.

Ingeligte waarnemers sê die voorneme van verskeie instansies om van die Universiteit se kampus, en die dorp ’n veilige plek te maak, het tot hede klaaglik misluk, want die gewelddadigheid is nie net aan die toeneem nie, maar ook al gevaarliker.