Skuld gaan munisipaliteite vernietig

Die weiering deur skuldenaars om nie dienstegelde te betaal nie, gaan beteken dat munisipaliteite in duie stort, het die ANC in die parlement gewaarsku. 

Die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Aangeleenthede het vroeër bekend gemaak dat skuld aan munisipaliteite het teen Junie vanjaar van ongeveer R86 miljard en Maart tot R94 miljard toegeneem. 

Die ANC sê skuldenaars moet dit as hulle patriotiese plig sien om hulle skuld te betaal. Huishoudings skuld meer R57 miljard, staatsdepartement staan op amper R5 miljard en sakeondernemings skuld byna R20 miljard. 

Richard Mdakane (ANC), komiteevoorsitter, het gesê mense koop luukse motors maar kan nie R500 vir dienste betaal nie. Hoe verwag hulle om dienste te ontvang as hulle nie daarvoor betaal nie.

Waarnemers meen die ANC se klagte behoort opgevolg te word met daadwerklike optrede deur munisipale amptenare aan te stel wat oor die vaardigheid beskik om die werk te doen, en wat ’n bewese rekord van betroubaarheid het.