Skotland wil vryheid opeis

In die afgelope weke het die media in Brittanje gegons oor die moontlikheid dat Skotland dalk n onafhanklike staat kan word, weg van die Britse oorheersing.
Drie verskillende instansies het so pas hulle jongste gegewens vrygestel, en al drie het bevind dat n enorme swaai ten gunste van onafhanklikheid ondervind word.
Met nog net n week voor die referendum van 18 September plaasvind, is daar gemengde gevoelend oor wat die moontlikheid is dat Skotland wel ten gunste van onafhanklikheid mag besluit.
Die opnames is gedoen deur instansies wat nie die onafhanklikheid van Skotland goedgesind is nie.
Volgens die jongste opname deur TNS-BMRB, is die steun vir ‘n onafhanklike Skotland op 50% wat n styging van 8% verteenwoordig, en die nee-stem is ook op 50% wat derhalwe ʼn daling van 8% is teenoor hul vorige opname.
Vir die eerste keer is TNS-BMRB nader aan die kol, alhoewel hulle blykbaar saam met drie ander instansies (YouGov en Ispos-Mori) die nee-stem goedgesind is.
Volgens die jongste YouGov Plc-opname vir die Sunday Times het die steun ten gunste van onafhanklikheid van Engeland tot 51% gestyg, terwyl die nee-stem na 49% teruggesak het.
Hierdie bevinding het skokgolwe deur Britse politieke vestings gestuur omdat die Skotse nasionaliste vir die eerste keer ʼn meerderheid in ‘n meningsopname behaal het.
Daar is baie vir Brittanje in die weegskaal want sy sogenaamde Verenigde Koninkryk val verder uitmekaar indien Skotland onafhanklik sou word.
Waarnemers meen dit is juis daarom dat daar nou in die doodsnikke van die stryd beloftes gemaak is dat die Britte meer mag aan die Skotte sal oordra as hulle deel van die 307 jaar oue unie sou bly.
Indien die Skotte op 18 September hulle onafhanklikheid opeis, kan dit selfs David Cameron se politieke loopbaan ingedrang bring.
Die meer konserwatiewe lede in sy party kan teen kom rebelleer as die Skotte sou afskei