Skilferkors pizza op die kole

Goeie dag dames (en mans wat ook die liefde vir kos-maak deel).

 

Ons het ‘n paar weke terug ‘n appeltert-op-die-vuur-resep gehad. Hierdie week het ons ook ‘n heerlike resep wat mens oor die kole kan maak. Die kinders geniet hierdie pizza vreeslik!

 

Skilferkors pizza op die kole:

Bestanddele:

2 rolle skilferdeeg – ontdooi en uitgerol

1 pak gevriesde spinasie of ‘n vars bossie

Gaar hoender (gevlok of in blokkies gesny)

250g spek

1 ui

1 rooi en 1 geel rissie gekap (braai saam met die spek en ui tot gaar)

1 pak sampioene in skywe gesny

Fetakaas

Cheddar kaas

Mozzarella kaas

Gouda kaas

Speserye van jou eie keuse

 

Metode:

Spuit ‘n toeknyprooster met kleefwerende middel, of smeer met botter.

Sit die eerste stuk skilferkors op die onderste deel van die rooster.

Sit die helfte van die rou spinasie op.

Sit die hoender op.

Sit die uie en spek mengsel op.

Pak die rou sampiene op.

Gooi die speserye oor.

Sit die verskillende kase op.

Eindig af met ander helfte van pak spinasie.

Plaas die ander skilferkos bo-op – knyp toe aan die kante.

Verf eier of melk bo-oor en onderkant van skilferkors.

Knyp die rooster toe.

Braai hoog op die vuur tot gaar en goudbruin.

Draai gedurig om.