Rooibrigade vir eers nie geskors

 

Die besluit van die speaker om nie die Rooibrigade uit die parlement te skors nie, is volgens die EFF ‘n regverdiging van die party se protesaksie.

Baleka Mbete het besluit om nie onmiddellik die party sy parlementslede (LP’s) te skors nie oor hulle opstootjie onlangs waartydens hulle gedreunsing het oor Nkandla: “betaal die geld terug".

Mbete en die EFF het ooreengekom om nie met stappe voort te gaan nie, aldus die voorsitter van die komitee oor regte en voorregte, Lemias Mashile. Sy het egter die saak na die komitee verwys met ‘n versoek dat daar dringend na haar terugvoering gegee moet word met aanbevelings.

Die EFF het vroeër met regstappe gedreig indien Mbete nie van haar voorneme sou afsien om hulle deur middel van ‘n mosie uit die parlement te skors nie.

Die party hou vol dat sy LP’s nie die parlementêre reëls oortree het nie. Die EFF-leier, Julius Malema, het selfs gedreig om die parlement onregeerbaar te maak indien president Jacob Zuma nie die “regte antwoorde” sou gee oor die gedeelte van die Nkandla-opgraderingsgeld wat hy moet terugbetaal nie.