Privaatskole groei jaarliks

Terwyl die openbare skole van die staat al swakker vaar, en tradisionele model-C skole oorspoel word net anderskleuriges, word privaatskole al meer die toevlugsoord waar ouers soms astronomiese bedrae betaal om hulle kinders n behoorlike opvoeding te gee.

Daar is ook privaatskole waar kinders van armoedige ouers toegelaat word terwyl hulle nie ’n sent bydra tot die skool se uitgawes nie. Die regering betaal tans uit belastinggeld

R1,060 per jaar per kind waarvan die ouers nie ’n finansiële bydrae kan maak nie.

Hierteenoor is daar privaatskole wat ouers tot R200,000 per jaar vir ’n kind laat opdok.

Jaarliks open daar gemiddeld 60 nuwe privaatskole in Suid-Afrika, en dit wil lyk asof die getal verder gaan toeneem as die gehalte onderwys in openbare skole nie gaan verbeter nie.

Alhoewel daar ’n redelike aantal openbare skole is wat steeds goeie standaarde handhaaf, is die neiging na privaatskole aan die toeneem, en groei teen ’n tempo van sowat 7% per jaar.

Met die vestiging van Die Vryburger se Kinderfonds, wat beoog om minder gegoede kinders in CVO-skole te vestig, kan die styging in private skole nog ’n hupstoot kry.

Die vryburger Kinderfonds is in die lewe geroep om arm kinders van die Boere-Afrikanervolk finansieel te help deur hulle kinders in CVO-skole te plaas waar dit prakties uitvoerbaar is.

CVO-Skole volg die tendens wat tans wêreldwyd ervaar word. Ouers is al meer skepties oor die onderwys in openbare skole, en dit veroorsaak dat die beste onderwysers ook begin uitwyk na private skole.

’n Ander belangrike faktor wat ouers beweeg om hulle kinders in privaatskole te sit, is die feit dat ouers ’n groter seggenskap het as in die geval van openbare skole.

’n Onderwyskenner het aan Die Vryburger gesê dit is ’n bewese feit dat kinders wat in CVO-skole was, ’n groter kans op suksesvolle studies aan ’n Universiteit het, en duurder skole beteken nie noodwendig beter opvoeding nie.