Politieke vrede wink vir Mosambiek

‘n Verkiesing gaan in Oktober deur Mosambiek gehou word kort op die hakke van ‘n vredesooreenkoms wat tussen die twee strydende partye in die land gesluit is.

Die ooreenkoms beëindig bykans twee jaar se vyandelikhede tussen Mosambiekse regering en die grootste opposisie party, Renamo.

Dit is geteken deur president Armando Guebuza (van Frelimo) en die leier van Renamo, Afonso Dhlakama. Die rebelle-leier het kort voor die ondertekening uit sy skuilplek gekom.

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, John Kerry, het groot lof gehad vir die sluiting van die ooreenkoms en het dit as ‘n geskiedkundige stap vorentoe beskryf.

Foto – president Armando Guebuza