Poetin verwelkom skietstilstand

Pres. Wladimir Poetin van Rusland se voorstel dat die betrokke state om ’n tafel in gesprek tree oor die krisis in die Oekraïne, het positiewe vrugte gelewer nadat dit bekend geword het dat die president van die Oekraïne, pres. Petro Poroshenko, ingestem het tot ’n wedersydse skietstilstand.

Internasionale nuusagentskappe berig dat Poetin sy woord gestand gedoen het. Hy het verskeie kere ’n beroep op Westerse lande gedoen om mekaar te ontmoet en die knelpunte uit te stryk.

Die twee partye se instemming tot ‘n skietstilstand in die Donbass-streek ten ooste van die Oekraïne, het hernude hoop laat opvlam dat oplossings gevind sal word.

Volgens berigte was die Poetin wat die leiding geneem het en sy eweknie in die Oekraïne geskakel het, en met die telefoongesprek ooreen gekom het tot ’n “permanente skietstilstand” in die gebied.

Die gevolg van die ooreenkoms is dat die maande lange gevegte in die gebied nou gestaak sal word in die oostelike gebied waar die land se grootste nywerhede gevestig is.

.