Paniek heers onder bankgebruikers

Die bankgroep, Standard Bank, het sy klante om verskoning gevra nadat sy bankstelsel landswyd vir bykans twee ure lank nie beskikbaar was nie weens ‘n tegniese probleem met die hardeware.

Paniek het onder klante geheers, want die onlangse fiasko van African Bank en die afgradering van Capitec deur Moody’s, het nogal mense se vertroue geknou.

Alle banke, kitsbanke, betalingsisteme in winkels en Internet-betalings was geraak. Selfs die oproepsentrums kon nie bereik word nie. Na twee ure was die meeste funksies egter herstel, maar daar is nog gesukkel om die toepassings (“apps”) en internetbankstelsel weer aan die gang te kry.

In teenstelling hiermee, het aandeelhouers van Oranjekas Koöperatiewe Spaar en krediet hul vertroue in die instelling herbevestig tydens die Algemene Jaarvergadering wat verlede Saterdag plaasgevind het.