Nuusflitse – 2 September

’n Negejarige dogtertjie met ’n groot pers strik in haar hare het Maandagoggend in die Johannesburgse hooggeregshof, wat in Palm Ridge aan die Oos-Rand sit, agter geslote deure teen haar ma, Anne-Marie van Zyl (32)  se vermeende moordenaar getuig

 

Die voormalige radio-omroeper met ’n kortstondige tyd as parlementslid, Niekie van den Berg, sluit hom aan by Naspers se Netwerk24-span in Johannesburg, en daar is glo groot opgewondenheid om die onsuksesvolle parlementslid deel van die span te maak.

 

Twee Franse joernaliste wat in Nieu-Guinee in hegtenis geneem is terwyl hulle berig het oor die separatiste beweging gaan moontlik verhoor word.

 

Japanse navorsers het Dinsdag bekend gemaak dat hulle ’n nuwe metode ontwikkel het om die voorkoms van die ebola-virus binne 30 minute vas te stel.