Mugabe gee rasse-klap na Suid-Afrika

Zimbabwe se president, Robert Mugabe, het ‘n rasse-dwarsklap na Suid-Afrika gegee tydens sy onlangse bedel-tog na China.

Volgens Mugabe versuim Suid-Afrika steeds om die ekonomieëvanAfrika-state te ontwikkel omdat sy ekonomie steeds in die hande van blankes is. Mugabe het aan Afrika-diplomate in die Chinese hoofstad, Beijing, gesê dit maak dit moeilik vir swart mense om beheer te neem.

Mediaberigte is dit eens dat Mugabe geld by die Chinese gaan bedel het omdat Zimbabwe se ekonomie heeltemal in duie gestort het onder sy swart bewind.

Die hoogs bejaarde Mugabe (90 jr.) het sedert hy die voorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) geword het, druk op Suid-Afrika begin uitoefen om ander Afrika-state te help. Hulp moet verleen word, eerder as om glo buurstate bloot as “stortingsterreine“ vir oorbodige produkte te beskou. Die Chinese is berug daarvoor dat hulle Afrika-state, waaronder Zimbabwe tel, beskou as ‘n “stortingsgerrein” vir hulle oorbodige produkte en hopelose oorbevolking.

Tydens Mugabe se dertiende reis na China het hy ‘n finansiële reddingsboei gekry in die vorm van lenings, waarvoor Zimbabwiese minerale opbrengste as sekuriteit moet dien.