Man vermoor in Durban.

Stephen John Edmondstone, 62, is Saterdagaand deur terroriste in sy huis in Collardstraat, Umgeni Park in Durban vermoor.

Die terroriste het slegs ‘n skootrekenaar gesteel.

Volgens Brian Daish van die Umgeni Park buurtwag het die terroriste toegang tot die huis deur die badkamer se venster gekry.

‘n Vriend van Edmondstone wat die huis met hom gedeel het, is ook aangerand.

Die terroriste het met die hulp van mede-moordenaars wat vir hulle in ‘n motor gewag het, gevlug.