Lesotho bly wankelrig

Militêre optrede sal nodig wees om stabiliteit in Lesotho te herstel, meen die nuwe weermagaanvoerder van die bergkoninkryk.

Luitenant generaal, Maaparankoe Mahao, probeer die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) beweeg om op te tree teen ‘n generaal wat die meesterbrein agter die onlangse poging tot ‘n staatsgreep was.

Tlali Kamoli en van sy ondersteuners het hulle aldus Mahao in die berge ingegrawe vanwaar hulle selfs ‘n guerrilla optrede kan loods.

Lesotho se president, Tom Thabane, het kort gelede na Suid-Afrika gevlug nadat hy gewaarsku is oor ‘n beoogde staatsgreep. Hy het intussen na Maseru teruggekeer en swaar bewapende Suid-Afrikaanse polisie pas sleutelpunte op om te verhinder dat die land in wetteloosheid verval.

Die eerste minister, Mothejoa Metsing, is glo een van die politici wat Kamoli steun teen Thabane. Die SAOG het gepoog om die magstryd tussen die leiers in Lesotho se koalisieregering uit te stryk, maar die spanning duur voort.

Kamoli is deur Thabane as weermaghoof afgedank, maar hy weier om hom daaraan te steur. Die weermag onder sy aanvoering het ‘n klomp polisiestasies aangeval en gepoog om ‘n sluipmoord op sy opvolger, Mahao, uit te voer.

Foto – Mothejoa Metsing