Gupta en ‘n Zuma slaggereed vir Denel-miljarde

Een van die Gupta-broers, en ‘n seun van president Jacob Zuma, gaan blykbaar bevoordeel word wanneer ‘n multi-miljard rand kontrak vir die bou van weermag-gevegsvoertuie vir Denel in werking tree.

Rajesh “Tony” Gupta en Duduzane Zuma besit vele gesamentlike ondernemings, en hulle het ‘n 21,5% aandeel in VR Laser Services. Die maatskappy gaan staalkomponente voorsien aan Denel se projek wat bekend staan as “Hoefyster”.

Altesaam 264 gevegsvoertuie gaan as deel van die projek deur Denel vir die weermag gebou word.

Projek Hoefyster behels glo ‘n bedrag van sowat R10 miljard belegging deur die regering in Denel.

Foto – Duduzane Zuma