Gromar uitgenooi na Nasionale Kultuurfees

Op 23 Augustus is die BCVO se Landswye Nasionale Kultuurfees aangebied te Potgietersrus. 

Deelname geskied slegs op uitnodiging en dit is dus ‘n groot eer om uitgenooi te word na hierdie kultuurfees. Slegs 15 items per streek is toegelaat en die streek wat die beste gevaar het word aangewys.

Gromar het heelwat leerlinge gehad wat uitgenooi was na hierdie kultuurfees.

Daar is leerlinge wat selfs vir meer as een item uitgenooi was.

Dit was ‘n wonderlike belewenis en die stukke wat opgevoer is, was van hoogstaande gehalte. 

Die ATKV beoordelaars se kommentaar was dat die standaard baie hoog gestel is.

Die Oos-Transvaal streek het algeheel in die tweede plek geëindig, met ‘n skrale 0.12 punte agter die Noord-Transvaal streek wat gewen het.

Baie geluk aan almal wat uitgenooi was om deel te neem – ons het jul optrede geweldig geniet en is baie trots op julle!

 

Armin Smit

  

Eldi Grobler

Elme Nieman

 

  

Tina-Marie Pretorius en Jacques Vosloo "Neeee, ry jy maar… – oppas man, wat maak jy?!"

Die drie (dom) susters:  Lize Grobler, Daniëlle Aucamp en Larissa Aucamp