Ebola volg die oliekaart

Daar is iets vreemd aan die uitbreek van Ebola, sê ‘n navorser, Patricia Doyle, Ph.D van Vancouver in Kanada. 

Dit is vir haar besonder vreemd dat die Ebola virus die oliekaart aan Wes-Afrika volg. Op die oomblik is Ebola-gevalle in Guinea, Senegal en Liberië aangemeld. Volgens hierdie oliekaart is die volgende land waar die virus sy opwagting gaan maak die Ivoorkus, daarna Ghana en dan Angola

Doyle vind dit baie vreemd dat die vissermanne van daardie gebiede begin het om te kla oor die oliebedrywighede en die feit dat die vis-getalle en -soorte afgeneem het.

Volgens haar was daar skielik Ebola-gevalle en niemand het weer iets van vis-getalle gehoor nie.

Die rede vir haar voorspelling dat die Ivoorkus die volgende plek vir Ebola gaan wees, is ‘n berig in die Washington Post wat verskyn het dat wetenskaplikes verwag dat die virus ook in ander Afrika-stede "verwoesting" sal saai. 

Haar gevolgtrekking is dat waar daar olie ontdek word, sal iets gebeur, hetsy ‘n oorlog of ‘n kiem wat die plek van oorlog sal inneem. 

Die kaart dui in groen aan waar olie ontdek is, oranje, waar dit tans ontgin word en geel waar Afican Petroleum besig is.