Die aarde koel af

Satelietfoto’s wys dat die somer ysbedekking op die Noordpool is dikker en groter as twee jaar gelede. Tans bedek dit ‘n gebied van 1.7 miljoen kilometers meer as twee jaar gelede. 

Sewe jaar gelede het Al Gore voorspel dat die pole teen hierdie tyd gesmelt sou wees. Nou swyg hy soos die graf. 

Tydens sy toespraak toe hy die Nobel Vredesprys vir sy kampanje oor die sg. aardverwarming in 2007 ontvang het, het hy die volgende gesê: "Die Noordpool se ysbedekking is besig om af te val. Oor sewe jaar sal dit weggesmelt wees." 

Maar verre daarvandaan dat die ys wegsmelt, het dit die afgelope twee jaar met tussen 43 en 63 persent toegeneem. 

Hierdie statistieke is deur Amerika se Nasionale Sneeu en Ys Datasentrum, wat gedeeltelik deur NASA befonds word, asook die Deense Meteorologiese Instituut bekend gemaak. 

Diegene wat ‘n paar jaar gelede gesê dat teen 2014 sal daar ysvrye somers wees, soos John Kerry en Al Gore, kyk nou lelik langs hulle neuse af.

Die 1.7 miljoen ys waarvan gepraat word is ongeveer gelyk aan ‘n derde van die VSA oostelike deel.  

En dit is slegs die vermeerdering van ys die afgelope twee jaar en nie die totale hoeveelheid op die Noordpool nie.