CIA martel terroriste

ʼn Engelstalige koerant berig dat die Amerikaanse Intelligensiediens, wat bekend staan as die CIA, vermeende lede van Al-Kaïda sodanig gemartel het dat hulle op die rand van die dood omgedraai het.

Die terroriste is glo in ’n bad vol water gedruk om hulle te verdrink, maar dan net betyds weer uitgehaal om hulle later weer deur dieselfde proses te neem wat hulle telkens by die dood laat omdraai.

Een van die veragtes is glo die berugte Khalid Sjeikh Mohamed, die vermeende baasbrein wat die hele 11 September voorval by die Wêreld handelsentrum beplan het.

Blykbaar het die marteling plaasgevind onder die toesig van ’n dokter wat hulle moes help om seker te maak dat die terroriste nie omkom van die “verdrinkings metode” nie.