Britte wil ekstremiste uit land hou

Brittanje het sy teen-terreur wette uitgebrei om die bedreiging van Islamitiese ekstremiste te probeer bekamp.

Die nuwe wette gee die polisie die mag om beslag te lê op die paspoorte van Britte wat daarvan verdink word dat hulle oorsee gereis het om vir terreurgroepe te gaan veg. Sodoende sal Britse burgers wat van deelname aan terroristiese dade in Sirië en Irak verdink word, verhinder word om na Brittanje terug te keer.

Lugrederye sal ook kragtens die nuwe wetgewing verplig wees om passasierslyste te verskaf om jihadistiese vegters aan die kaak te probeer stel.

Die Britse eerste minister, David Cameron, het die nuwe wetgewing bekend gemaak kort nadat die bedreigingsvlak van terreur in die land van “aansienlik” na “ernstig” verhoog is.

Foto – David Cameron