Amerika gaan Sirië aanval

Pres. Barack Obama het R5,48 miljard goedgekeur vir die rebelle in Sirië om die rebellegroep, Islamitiese Staat (IS) te beveg. 

Die Siriese minister van versoeningsake, Ali Haidar het egter reeds gewaarsku dat daar oorleg met Sirië gepleeg moet word, en dat enige daad van aggressie as ‘n oorlogsverklaring gesien sal word. 

Die wettige regering van Sirië word egter nie deur Amerika en sy vennote erken nie. Die Siriese regering is bewus van die feit dat Amerika sy oog op hulle land het en sien hierdie aankondiging as net nog ‘n dekmantel vir aanvalle op Sirië, het Haidar gesê kort voor sy ontmoeting met die nuwe internasionale vredesbemiddelaar Staffan de Mistura. 

Mistura het ook samesprekings met Assad gevoer en gesê dat die VN sal saam met Sirië humanitêre hulp verleen en poog om ‘n oplossing vir die krisis te vind.