Voormalige Blou Bul beroof

Toe ’n drie swartes op Johan Roets toesak waar hy besig was om ’n pap wiel langs die pad te vervang aan sy voertuig, was sy gedagtes by syy vrou en kinders terwyl ’n pistool teen sy kopgehou is.

Die voormalige rugby heelagter sê sy 6 jarige knapie was belangriker as om ’n geveg te begin wat noodlottig kon wees.

Hy was onderweg van die Johannesburg-lughawe na sy huis toe hy genoodsaak was om stil te hou en ’n pap band te vervang wat deur ’n spyker veroorsaak is.

Dit was donker en daar was nie veel kans om hulp te verwag nie toe die skurke op hom toesak.

Twee het elkeen met ’n pistool in die hand, hom beveel om op die grond te lê, en terwyl een ’n pistool in sy rug gedruk het, het Roets aanhoudend geskree “Jesus help my”.

Dit het veroorsaak dat hulle hom beveel het om op te staan, en toe neem hy die kans en stamp hulle en begin hardloop.

Hy het gedink daar gaan enige oomblik skote klap, maar dit het nie gebeur nie.

Eindelik het hy by ’n sakeonderneming uitgekom waas die wagte hom terug geneem het na sy voertuig. Sy skootrekenaar, trouring en motorsleutels was weg.

Met ’n gesukkel kon hy uiteindelik sy motor se duplikaat sleutels bekom en die band vervang.

Ao. Olkers van die polisie sê die saak word ondersoek.